DERTIEN STAPPE NA ALKOHOLISME
1
JY HET BEGIN DRINK
Jy vind
dat drank, wanneer dit matig gebruik word, n vriendelike sosiale doel kan dien. Jy
drink af en toe n glasie jenewer of brandewyn, of n paar biere of "n
kelkie wyn. Jy drink nie volgense n vaste patroon nie. Jy mag egter byna ongemerk na
die volgende fase beweeg.
2
JY BEGIN BEWYSSYNVERLIES "BLACKOUTS" TE
ONDERVIND
Op
n sekere stadium kry jy n blackout want die volgende oggend kan jy niks onthou
van wat na n sekere tydstip die aand gebeur het nie.
3
JY VIND DAT DRANK MEER VIR JOU AS VIR ANDER
BETEKEN
Omstreeks
die tyd wanneer jy bewussynsverlies begin ondervind, of n bietjie later, proe-proe
jy nie langer meer aan drank nie, nou begin jy dit haastig wegslaan. Jy begin skelmpies
drink. Die onderwerp van hoe beskonke die of daardie persoon was irriteer jou nou
verskriklik. Jy huiwer om te praat oor hoe belangrik drank vir jou geword het.
GEVAARTEKENS
4
JY DRINK PAL MEER AS WAT JY WOU
Sowat
twee jaar na jou eerste bewussynverlies vind jy byna elke keer as jy n drankie maak
dat jy meer drink as wat jy wou. Jy het nog beheer daaroor dat jy nie môre sal drink nie,
maar jy het geen beheer oor die hoeveelheid wat jy by n bepaalde geleentheid sal
drink nie. Jy word nou buitensporig wat jou gedrag in geldsake betref. Jy koop bv onnodig
en betaal te veel daarvoor.
5
JY BEGIN JOUSELF VERSKOON DAT JY DRINK
Omdat daar
n verlies van beheer is begin jy dikwels onbewus verskonings aan te voer waarom jy
drink. Die feit is dat jy skuldig voel oor die drinkery.
6
JY BEGIN "REGMAKERTJIES" NEEM
Jy neem
n drankie sodra jy in die oggend wakker word en jou verskoning is, om jou vir die
dag "reg te ruk". Die tyd is miskien al middag, of in die middel van die
namiddag, dit hang af wanneer jy uit die bed opstaan. Die gevaar van n
"regmaker" is dat jy dit neem, as n soort medisyne.
7
JY BEGIN ALLEEN DRINK
Nie lank
nadat jy in die oggend begin drink nie, vind jy dit werklik verkiesliker om alleen te
drink. Dit is n baie ernstige stadium. Eensame drinkery beteken jy drink om te
ontsnap na die private, verdraaide wêreld van jou eie verbeelding. Nou is jy heeltemal
vasgevang maar natuurlik mag niemand dit vir jou vertel nie.
8
JY WORD "ANTI-SOSIAAL" WANNEER JY DRINK
Wanneer jy
by n bepaalde geleentheid genoeg gedrink het, word jy vernietigend. Jy baklei en
verniel nou sommer. Dit kan ook gebeur dat jy uitermate selfbewus word, bang vir mense,
bang dat julle jou aanstaar. Dit gee jou n oordrewe gevoel van verstotenheid, of
maak jou krities teenoor ander. Wanneer iemand drink, verloor hy eers sy vermoë om sy eie
gedrag te beoordeel. Dan verval sy sosiale selfbeheersing, en hy begin hom soos n
barbaar te gedra. Uiteindelik mag hy die vlak van n dier of kind bereik waar hy van
min anders as sy onmiddellike behoeftes bewus is. Die volgende dag is hy vervul met afsku.
Maar daarvoor is daar n geneesmiddel: MEER DRANK
GEVAARGRENS
9
JY BEGIN SUIP
Nou begin
die kwaai stadium waarin jy "dwanggedrewe" drink. Jy is, trouens, n ware
alkoholis. Hierdie stadium kom van een tot drie jaar nadat jy in die oggend begin drink
het. Suip is n tydperk (gewoonlik etlike dae) waarin jy blind, hulpeloos, met slegs
een doel drink, en dit is om dronk te word. Jy gee niks om vir die gesin, vriende, werk of
selfs kos en herberg nie. Jy is besig net met jouself en jou drank. Jy het geen
verantwoordelikheidsgevoel nie. Om meer drank te kry, sal jy lieg, steel of jou beste
besittings verpand. Wanneer die tydjie verby is keer jy terug tot skynbare redelikheid,
bewend en bleek. Jy sweer "nooit weer nie", tot die volgende keer. (Op stap vier
het jy beheer verloor oor die hoeveelheid drank. Nou kan jy die "wanneer" nie
beheer nie).
10
JY KEN DIEPER BEROU EN DIEPER
HAATDRAENHEID
Jy verag jouself maar
verkies tog om die leuen te glo dat dit eintlik ander mense se skuld is dat jy drink.
11
JY ONDERVIND GROOT
ANGS EN VREES
Nou kom
die trappe na emosionele en geestelike bankrotskap vinniger nader na mekaar. Jy begin
n vae maar aanhoudende gevoel kry van vrees - vrees vir vergelding. Jy wandel in
vrees. Jy toon dit aan die wêreld deur jou bewende hande en wesenlose blik, jou onvaste
stap en prikkelbare senuwees. Omdat jy so bang is, begin jy jou drank-voorraad te bewaak.
Die wêreld het jou verlaat, dink jy.
12
JY BESEF DAT DRANK JOU
BAAS IS
Die dag
kom wanneer jy vir die eerste keer moet erken dat jy drank nie kan hanteer nie.
13
JY KRY HULP OF GAAN ONDER
Jy kry hulp van buite of gooi die handdoek in.
Your Comments
Read Comments